Om aan die gang te kom

Meta Standpunte beloon jou vir deelname aan programme soos take, navorsing, meningsopnames, of om nuwe produkte deel te neem. Data vanuit Standpunte word gebruik om beter toepassings en dienste te help skep en om tot voordeel van die gemeenskap te wees.

Standpunte is tans net beskikbaar vir mense wat minstens 18 jaar en ouer is. Kwalifisering vir spesifieke programme kan egter verskil volgens jou ligging en die behoeftes van elke Standpunte-program.

Rekening

Sommige van die e-posse wat jy van Standpunte af sal ontvang, is noodsaaklik vir jou deelname. Jy het egter die opsie om bykomende e-posse te ontvang, soos nuusbriewe en gemeenskapopdaterings.

Om jou e-posinstellings te verander:

  1. Maak die Standpunte-toepassing op jou iOS of Android-toestel oop.
  2. Tik op Rekening onderaan.
  3. Kies e-posinstellings.
  4. Tik op die blokkie langs Laat Standpunte ook toe om nuusbriewe en gemeenskapopdaterings na hierdie e-posadres toe te stuur.

Om jou Standpunte-rekening uit te vee:

  1. Maak die Standpunte-toepassing vir iOS of Android oop.
  2. Tik op Rekening onderaan.
  3. Kies Vee rekening uit
  4. Tik op Vee rekening uit.

Besoek die Hulpsentrum om uit te vind wat gebeur wanneer jy jou Standpunte-rekening uitvee.

As jy nie ’n epos ter bevestiging ontvang het nie, maak seker jy kyk in jou Rommel-, Strooipos en Asblikvouers binne jou inkassie. Die e-pos sal vanaf Standpunte gestuur word.

Herstuur die e-pos ter bevestigings te herstuur na die e-posadres wat jy reeds verskaf het
  1. Maak die Standpunte-toepassing vir iOS of Android oop.
  2. Tik op Herstuur e-pos ter bevestiging.
Stuur die e-pos ter bevestig na ’n ander e-posadres
  1. Maak die Standpunte-toepassing vir iOS of Android oop.
  2. Tik op Verander jou e-posadres.
  3. Dateer die e-posadres wat jy verskaf het op
  4. Tik dan op Bevestig.

Op die oomblik kan jy by Standpunte aansluit deur by Facebook aan te meld of in sommige gevalle met jou selfoonnommer. Hou aan inloer by ons Facebook Blad om meer te wete te kom oor komende aanmeldopsies.

Programme

Programme kan take, navorsing, of meningsopnames wees, of om nuwe produkte te probeer.

Ons sal ons jou per e-pos of deurstuurkennisgewings laat weet wanneer programme beskikbaar raak. Jy kan ook beskikbare programme kry deur te tik op Programme.

  1. Maak die Standpunte-toepassing op jou iOS of Android-toestel oop.
  2. Tik op Programme onderaan.

Om vir ’n spesifieke program te kwalifiseer kan verskil volgens die behoeftes van elke Standpunte-program en jou ligging, programme word nie altyd vir almal aangebied nie. Ons werk egter voortdurend daaraan om nuwe programme te skep en sal jou per e-pos of met deurstuurkennisgewings laat weet wanneer programme vir jou beskikbaar raak.

Jy kan inligting oor programbesonderhede, punte, vereistes en dataversameling kry deur op die spesifieke program te tik.

  1. Maak die Standpunte-toepassing op jou iOS of Android-toestel oop.
  2. Tik op Programme onderaan.
  3. Tik op ’n spesifieke program om meer daaroor te wete te kom.

Om vir spesifieke programme te kwalifiseer kan verskil volgens die behoeftes van elke Standpunte-program en jou ligging.

Jy verdien punte elke keer as jy ’n program of taak suksesvol voltooi. Jy kan ook jou belonings vanuit Standpunte sien.

  1. Maak die Standpunte-toepassing op jou iOS of Android-toestel oop.
  2. Meld aan en tik op Belonings aan die onderkant.

Punte op Standpunte kan nie omgeruil, uitgeruil of gedeel word met ander nie en het geen kontantwaarde nie, tensy jy genoeg punte verdien het om ’n beloning te ontvang. Al jou punte op Standpunte sal verval vyf jaar vanaf die datum waarop jy laas enige punte verdien het.

As jy net ’n gedeelte van ’n program voltooi, sal jy nie enige punte verdien nie en enige programinligting wat verskaf is, sal uitgevee word.

Die volgende Hulpsentrum-inligting is slegs van toepassing wanneer jy aan die Study-program via die Study-toepassing deelneem. Jy kan meer te wete kom oor die Study-program in die nuwe Hulpsentrumartikel, Study deur Standpunte.

Welkom by Study deur Meta Standpunte Study is ’n Standpunte-program wat deelnemers beloon vir deling van inligting oor wat toepassings wat hulle na waarde ag en hoe hulle hierdie toepassings gebruik (“Study-program”). Die inligting wat jy verskaf sal ons help om beter produkte vir Meta en die gemeenskap te bou. Jy kan die Study-program enige tyd verlaat.

Jou persoonlike inligting sal verwerk word ingevolge die Standpunte-databeleid, die Standpunte-diensbepalings, en die inligting wat aan jou voorgehou is in die Study-programoorsig en die inligting verskaf aan jou in hierdie Hulpsentrumartikel.

Hoe kan ek deelneem?

  • Laai die Study-toepassing op jou primêre foon af.
  • Volg die stappe om die Study-program op te stel.
  • Gaan na jou foon se instellings en laat die Study-toepassing toe om toegang te kry tot jou toepassingsgebruiksdata deur die toepassingsgebruikstoestemming vir die Study-toepassing in jou toestel se instellings aan te skakel. As jy nie hierdie toestemming aanskakel nie, sal jy nie kan deelneem aan die Study-program nie. Hierdie toestemming kan enige tyd in jou fooninstellings afgeskakel word.
  • Die Study-toepassing loop op die agtergrond, so gebruik jou foon soos normaal.
  • Deelname aan die Study-program op Standpunte is slegs op uitnodiging en gebaseer op wat nodig is in die program en jou ligging.
  • Jy moet seker maak jy gebruik die jongste weergawe van die Study-toepassing en dat jy opdaterings installeer. Dis belangrik dat die Study-toepassing opgedateer bly om aan die Study-program deel te neem, byvoorbeeld, sodat enige foute reggestel kan word.
  • Jy kan die Study-program enige tyd verlaat. Jou deelname aan die Study-program sal aanhou totdat jy óf die Study-program verlaat, óf verwyder word.

Watse punte sal ek ontvang?

Jy sal 500 punte ontvang vir elke week wat jy aan die Study-program deelneem (d.w.s. toepassinggebruikstoestemming aangeskakel hou). Jy sal ’n kennisgewing in die Study-toepassing sien sodra jy deelneem.

Hoe help die program Meta?

Insigte vanuit hierdie program help ons om te leer watter toepassings vir mense die belangrikste is en hoe hulle gebruik word. Só kan ons beter produkte vir Meta en die gemeenskap bou.

Watter data samel Meta van my mobiele toestel af in?

Deur die Study-toepassing samel ons gebruiksdata in oor die toepassings wat op jou toestel geïnstalleer is vir die tydperk wat jy deelneem aan die Study-program (“toepassingsgebruiksdata”) en analiseer dié data dan. Dit sluit inligting in oor:

  • Die toepassings wat op jou foon geïnstalleer is, insluitend enige nuwe toepassings wat jy aflaai terwyl jy aan Study deelneem.
  • Die hoeveelheid tyd wat jy aan toepassings spandeer
  • Jou land, mobiele toestel, soort netwerk, selfoondiensverskaffer en taalinstellings
  • Kenmerke wat jy in sekere toepassings gebruik, soos die tuisskerm of steundiensteskerm
  • Name van diensverskaffers wat in jou toepassings gewys word, soos netwerke wat geadverteer word
  • Vir duidelikheid, toepassingsgebruiksdata sluit nie gebruiker-ID’s, wagwoorde of inhoud wat mense deel in nie, insluitend boodskappe
Hoe gebruik Meta hierdie inligting?
  • Jou inligting help ons om insig te kry vir besigheid- en produknavorsing. Byvoorbeeld, ons kan die insigte gebruik om te verstaan watter toepassings deur mans in ’n spesifieke ouderdomgroep in Frankryk gebruik word, wat ons sal help verstaan watter toepassings nuttig is in daardie demografie en hoe ons, ons dienste kan verbeter vir daardie demografie.
  • Jou inligting help ons om te leer van watter toepassings mense die meeste hou en hoe hulle gebruik word.
  • Jou inligting help ons om ons gemeenskap beter te verstaan en om Meta-maatskappyprodukte te verbeter.
Hoe gebruik Meta inligting van jou Facebook- en Instagram-rekeninge tydens Study?

Ons gebruik inligting wat met jou Facebook- en Instagram-rekeninge geassosieer word saam met die insameling van toepassinggebruiksdata via Study om data-insigte te skep wat die groter bevolking reflekteer. Die inligting wat ons insamel sluit in:

  • Demografiese inligting: Ouderdom-, geslag- en ligginginligting wat met jou Facebook en Instagram-rekeninge geassosieer word.
  • Rekeningskepping: Die datums waarop jy genooi is om by Facebook of Instagram aan te sluit, wanneer jy ’n rekening geskep het en wanneer jou rekening bevestig is.
  • Toepassingvoorkeure: Die toestelmodel, -bedryfstelsel of -webblaaier wat jy gebruik om by Facebook of Instagram in te gaan, jou hooftoestel en jou voorkeurtaalinstellings.
  • Toepassinginteraksies en afgeleide inligting (vanuit jou Facebook- en Instagram-rekeninge): Die getal vriende, vriendskapversoeke en volgers wat jy het, die tipes en getal Bladsye en mense wat jy volg, of jy ’n profielfoto het of nie, en jou belangstellings.

Ons gebruik ook die datums wanneer jy by Facebook en Instagram ingegaan het en inligting oor jou aktiwiteitvlakke in elke toepassing.

Hoe beïnvloed dit my ervaring op Meta-maatskappyprodukte?
  • Ons voeg nie die toepassingsgebruiksdata wat ons deur jou deelname aan die Study-program insamel by ander rekeninge op ander Meta-maatskappyprodukte nie.
  • Jou toepassingsgebruiksdata wat deur Study ingesamel word, sal nie gebruik word om jou ervaring te personaliseer (insluitende om advertensies vir jou en ander te verskaf en te verbeter) op die Meta-maatskappyprodukte nie.
  • Vir meer inligting oor data-insameling en gebruik in Standpunte-programme, kan jy gerus gaan kyk na ons Standpunte-databeleid.
Hoe word data tussen die Study-toepassing en die Standpunte-toepassing oorgedra?
  • Die Study-toepassing word gebruik om die Study-program te fasilliteer.
  • Die Study-program deel inligting met Standpunte sodat Standpunte jou met die diens onderaan die bepalings kan voorsien, byvoorbeeld Study deel inligting met Standpunte oor óf jy aan die Study-program deelneem om jou te aktiveer om jou punte en belonings te ontvang.
  • Die Study-program sal ook sekere inligting met Standpunte deel sou jy ‘n kopie van jou inligting versoek deur die Hoe kan ek ‘n verslag van my Standpunte-inligting versoek.
  • Geen toepassingsgebruiksdata word met die Standpunte-toepassing gedeel nie.
Kan ek my foon met ander mense deel terwyl ek aan die Study-program deelneem?

Mense wat deelneem aan die Study-program mag nie hul fone met ander mense deel of ander mense toelaat om toegang tot hul foon te kry of dit te gebruik nie.

  • As ons bespeur dat iemand anders jou toestel gebruik het, sal ons nie die data gebruik wat daardie dag ingesamel is nie en sal daardie data uitgevee word.
  • Jy sal steeds 500 punte vir ’n week se deelname ontvang.
  • Besoek asseblief ons Databeleid vir meer inligting oor datainsameling en gebruik in Standpunte-programme.
Wat gebeur as ek die toepassinggebruikstoestemming vir die Study-toepassing in my toestelinstellings afskakel?
  • As jy die toepassinggebruikstoestemming vir die Study-toepassing in jou toestelinstellings afskakel, sal ons vir jou instruksies gee oor hoe om dit weer aan te skakel.
  • As jy jou toepassinggebruikstoestemming weer in jou toestelinstellings aanskakel vir die Study-toepassing, sal ons begin om toepassingsgebruiksdata in te samel en te analiseer, wat toepassingsgebruiksdata van die afgelope paar dae kan insluit.
Hoe lank word toepassingsgebruiksdata behou?

Jou toepassingsgebruiksdata wat deur die Study-toepassing ingesamel word, sal vir ’n tydperk van 2 jaar behou word vanaf die dag wat jy óf:

  • Jou deelname in die Study-program beëindig deur op die ‘Verlaat program’ in die programoorsig te tik.
  • Is uit die Study-program verwyder (sien “Hoe kan ’n mens uit die Study-program verwyder word?”)
Hoe kan ’n mens uit die Study-program verwyder word?

Ons kan jou deelname enige tyd beëindig en jou uit die Study-program verwyder. As dit gebeur:

  • Sal jy ’n boodskap ontvang dat jy verwyder is.
  • Jy sal nie meer die Study-program in jou Standpunte-toepassing sien nie en jy sal afgemeld word by die Study-toepassing.
  • Vir duidelikheid, jy sal nie weer by die Study-toepassing kan aanmeld nie.
  • Ons sal ophou om nuwe toepassingsgebruiksdata te analiseer en jy sal 500 punte ontvang vir jou laaste week van deelname.

Redes waarom ons jou deelname dalk sal staak, sluit in:

  • Om betrokkenheidredes; byvoorbeeld, jy het die toepassinggebruikstoestemming afgeskakel of jy het die Study-toepassing gedeïnstalleer.
  • Vir toekomstige navorsingsdoeleindes, as ons byvoorbeeld te veel deelnemers uit ’n spesifieke ligging het.
Hoe verlaat jy die Study-program?

Elk van die volgende handelinge sal tot gevolg hê dat jy die Study-program sal verlaat (sien “Wat gebeur as jy die program verlaat?”):

  • As jy binne die Standpunte-toepassing vanuit die programoorsig op ‘Verlaat program’ tik en jou deelname aan die Study-program beëindig.
  • As jy in die Standpunte-toepassing ingaan en jou rekening uitvee.

Hou asseblief in gedagte dat as jy die Study-toepassing deïnstalleer of uitvee, of die toepassinggebruikstoestemming vir die Study-toepassing in jou toestelinstellings afskakel, die Standpunte-toepassing steeds sal sê dat jy aan die Study-program deelneem totdat jy verwyder word (sien “Hoe kan mens uit die Study-program verwyder word?”). Ons sal egter nie meer toepassingsgebruiksdata verwerk nie (sien “Wat gebeur as ek toepassinggebruikstoestemming vir die Study-toepassing in my toestelinstellings afskakel?”).

Wat gebeur as ek die program verlaat?

Jy kan die program enige tyd verlaat deur die Standpunte-toepassing. Deïnstalleer die Study-toepassing op jou foon om alle data-insameling te staak.

  • Ons sal ophou om nuwe toepassingsgebruiksdata te analiseer en jy sal 500 punte ontvang vir jou laaste week van deelname.
  • Hou asseblief in gedagte dat enige toepassing sekere data nodig het om te funksioneer. Jy sal dus die Study-toepassing op jou foon moet deïnstalleer om datainsameling deur die Study-toepassing te beëindig. Ons hou aan om inligting oor jou toestel, netwerktipe en ander unieke identifiseerders in te samel totdat jy die Study-toepassing op jou foon deïnstalleer. Dit is inligting wat nodig is vir die Study-toepassing om self te funksioneer.
Hoe deïnstalleer of vee jy die Study-toepassing uit?

Jy kan die Study-toepassing deïnstalleer of uitvee deur die Study-toepassing van jou toestel af te verwyder met een van die volgende gewone toepassingverwyderingmetodes:

  • Deïnstalleer die Study-toepassing deur middel van jou foon se instellings.
  • Druk en hou op die Study-toepassing op jou tuisskerm en kies dan “deïnstalleer” vanuit die subkieslys wat verskyn.
  • Deïnstalleer deur die Google Play Winkel.
  • Deïnstallering deur enige ander metode wat dalk deur ’n spesifieke weergawe van jou foon moontlik is.
Hoe kan ek Study toelaat om op die agtergrond van my Samsung-foon te loop.

Laat Study vanaf Meta toe om batterykrag te gebruik terwyl dit in die agtergrond loop.

Vir Android 10 of hoër:

  1. Hou die Study-toepassingikoon vir ongeveer 3 sekondes in, totdat ’n klein kieslys bo die Study-ikoon wys.
  2. Kies Toepassinginligting en kies dan Battery.
  3. Onder Bestuur batterygebruik kan jy Laat agtergrondaktiwiteit toe aanskakel.
  4. As Laat agtergrondaktiwiteit toe by verstek aangeskakel was, moet jy dit afskakel en weer aanskakel.

Vir Android 9 (Pie), 10 of 11:

  1. Gaan na jou fooninstellings en tik op Toestelsorgen kies dan Battery.
  2. Voeg onder Toepassingkragbestuur of Agtergrondgebruikslimiete vir Study by die toepassings wat nie aan die slaap gemaak sal word nie of die Slaap Nooit Nie-toepassingslys.

Vir Android 7 (Nougat) of 8 (Oreo):

  1. Gaan na jou fooninstellings en tik op Toestelonderhouden kies dan Battery.
  2. Gaan na Bespaar krag en voeg Study by die Ongemonitorde Toepassingslys.

Vir Android 6 (Marshmallow) of ouer:

  1. Gaan na jou fooninstellings en tik op Toepassings en dan op more.
  2. Tik onder Spesiale toegang dan op Optimeer batterygebruik.
  3. Kry Study deur Meta op die lys en maak seker dit is nie gekies nie.

Facebook is besig met verskeie meningsopnames om mense se ervaring met en houding teenoor COVID-19-entstowwe te bepaal; insluitende hoe die inligting wat jy op sosiale media teëkom hierdie ervaringe en houdings kan beïnvloed.

Insigte wat afgelei is uit jou meningsopnameantwoorde sal geanaliseer word tesame met van jou aktiwiteit op Facebook en Instagram (soos hieronder beskryf) om ons te help om hierdie navorsing uit te voer en om ons produkte en dienste te verbeter. Jou persoonlike inligting sal verwerk word ingevolge die Standpunte-databeleid, die Standpunte-diensbepalings en die inligting wat aan jou voorgehou is in die programoorsig en die inligting aan jou verskaf in hierdie Hulpsentrumartikel.

Watse punte sal ek ontvang?

Jy ontvang punte vir elke meningsopname wat jy voltooi (tussen 200 en 400 punte per opname, wat vir jou gewys sal word voordat jy die opname doen). In totaal sal jy 2 000 punte verdien vir voltooiing van die hele program.

Hoe gebruik Facebook sensitiewe inligting in meningsopnameantwoorde?

Sommige vrae in die Meningsopnameprogram vir die COVID-19-enstof (“Program”) in Standpunte sal vra dat jy inligting oor jou gesondheid, geloof, ras of politieke ideologie moet verskaf. Daarom maak ons staat op jou uitdruklike toestemming om jou meningsopnameantwoorde op hierdie vrae in te samel en na te gaan. Ons sal jou meningsopnameantwoorde analiseer tesame met van jou aktiwiteit op Facebook en Instagram om te bestudeer hoe die inligting wat mense op sosiale media teëkom hul ervaring met COVID-19-enstowwe affekteer. Om hierdie doel te bereik, sal ons:

  • Die impak analiseer wat ons produkte en boodskappe het met betrekking tot COVID-19-entstowwe.
  • Vergelyk blootstellingvlakke aan inhoud wat betrekking het op CoVID-19-entstowwe, ander entstowwe of gesondheid of welstand wat op Facebook en Instagram beskikbaar is.
  • Verstaan hoe gemeenskappe, inhoud en optrede op Facebook en Instagram houdings en besluite rakende openbare gesondheid beïnvloed.
  • Die gehalte van ons produkte en boodskapdiens evalueer en hulle verbeter of verwyder volgens hierdie bevindinge.
  • Enige inligting verwyder wat gebruik kan word om jou te identifiseer voordat die anonieme data met eksterne akademiese navorsers gedeel word.
Jy kan enige tyd toestemming terugtrek en meningsopnamedata uitvee in die Programoorsig- of Privaatheid en Data-instelling in die Standpunte-toepassing.
Hoe gebruik Facebook data vanuit my Facebook- en/of Instagram-rekening vir hierdie navorsing?

Vir jou om aan hierdie Program deel te neem en vir ons om die navorsing uit te voer, moet ons sekere tipes inligting vanuit jou Facebook- en Instagram-rekeninge, tesame met jou meningsopnameantwoorde, insamel en analiseer. Ons het dit nodig sodat ons die impak van produkte en boodskappe op Facebook en Instagram wat verwant is aan COVID-19-entstowwe, beter kan verstaan, insigte kan skep wat die oorgrote bevolking verteenwoordig en sodat ons ons produkte kan verbeter.

Ons doen dit deur jou Facebook-familietoestel-ID te gebruik om te kyk vir Facebook- en Instagram-rekeninge op jou foon. Facebook sal dan jou Standpunte-rekeningbesonderhede gebruik om te sien of enige rekeninge ooreenstem. Ons kan dalk ook jou Standpunte-rekening by jou Facebook- en Instagram-rekeninge pas as jy ’n Standpunte-rekening geskep het deur met Facebook aan te meld, of as jou Facebook- of Instagram-rekeninge by Rekeningesentrum gevoeg is.

Ons sal die volgende inligting vanuit jou Facebook- en Instagram-rekeninge insamel en dit saam met jou meningsopnameantwoorde analiseer om sodoende navorsing uit te voer oor hoe die inligting wat mense op sosiale media teekom, hule ervaring met CoVID-19-entstowwe affekteer:

  1. Demografiese inligting: Ouderdom-, geslag- en ligginginligting wat met jou Facebook en/of Instagram-rekeninge geassosieer word.
  2. Rekeningskepping: Die datums waarop jy genooi is om by Facebook of Instagram aan te sluit, wanneer jy ’n rekening geskep het en wanneer jou rekening bevestig is.
  3. Toepassing- en toestelvoorkeure: Die toestelmodel, -bedryfstelsel of -webblaaier wat jy gebruik om by Facebook of Instagram in te gaan, jou hooftoestel en jou voorkeurtaalinstellings.
  4. Toepassinginteraksies, inhoudblootstelling en afgeleide inligting vanuit jou Facebook- en Instagram-rekeninge rakende:
  • Die aantal vriende en volgers wat jy het.
  • Die tipes en aantal bladsye en mense wat jy volg. Byvoorbeeld, inligting oor of jy bladsye oor kos volg en of jy sosialemediabeïnvloeders volg.
  • Groepe waarin jy is.
  • Jou blootstelling aan en betrokkenheid by inhoud wat verwant is aan COVID-19 en ander gesondheidverwante inhoud.
  • Of jy ’n profielfoto het of nie.
  • Jou belangstellings.
  • Inligting wat ons oor jou aflei.
  • Die datums wat jy by Facebook en Instagram ingegaan het en inligting oor jou aktiwiteitvlakke in elke toepassing.
Die inligting wat oor jou Facebook- en Instagram-toepassinginteraksies en -inhoudblootstelling ingesamel word, word saamgestel voordat dit deur Facebook geanaliseer word om die navorsing uit te voer.
Wat gebeur as ek my toestemming vir die gebruik van my antwoorde op die Meningsopname oor die COVID-19-entstof terugtrek?

Jy kan jou toestemming om jou meningsopnameantwoorde te verskaf enige tyd terugtrek via die Programoorsig-skerm of die Privaatheid en Data-instellings in die Standpunte-toepassing. Ná sodanige terugtrekking, as jy toestemming terugtrek wat Standpunte toelaat om jou meningsopnameantwoorde te gebruik, insluitend dié met sensitiewe data in, sal jy die Program verlaat, sal jou Program-data uitgevee word en sal dit nie meer geanaliseer word teenoor jou data uit Facebook en Instagram nie.

  • Ons sal jou Program-data vir hierdie Program binne 90 dae uitvee. Hierdie inligting is dalk reeds geanaliseer vir navorsingsdoeleindes.
  • Jy sal enige punte of belonings wat jy reeds verdien het, behou.
  • As jy jou toestemming terugtrek sal dit nie enige impak hê op jou geskiktheid om deel te neem aan ander Standpunte-programme nie.
Dis hoe Facebook alle meningsopnameantwoorde en ander data gebruik wat in die Meningsopnameprogram oor die COVID-19-entstof verskaf is:
  • Jou meningsopnameantwoorde word veilig geberg en toegang word beperk tot slegs ’n klein aantal mense by Facebook wat óf op die Standpunte-platform werk, of die navorsing uitvoer.
  • Ons sal jou Program-data in ’n pseudonieme staat behou vir ’n tydperk van tot 2.5 jaar vanaf die datum wat jy die laaste meningsopname voltooi het. Hierdie meningsopnameantwoorde word gehou om beide die langtermyn- en korttermyn- globale neigings te bestudeer oor hoe die inligting wat mense op sosiale media teëkom, hul ervaringe met COVID-19-entstowwe en ander entstowwe affekteer. Na hierdie tydperk sal jou meningsopnameantwoorde geanonimiseer word.
  • Jou antwoorde op vrae in hierdie Program sal nie gebruik word om jou ervaring te personaliseer of om advertensies vir jou en ander op Facebook en Instagram te bied of te verbeter nie.
  • As deel van hierdie navorsing sal Facebook jou Program-data anoniem maak voordat dit met eksterne akademiese navorsers gedeel word. Vir meer inligting oor hoe Facebook jou data op Standpunte verwerk, kan jy na die Standpunte-databeleid gaan kyk.

Betalings

Wanneer jy by Facebook Standpunte aansluit, sal ons jou laat weet hoeveel punte jy nodig het om ’n betaling te ontvang.

Afhangend van die tipe betalingrekening wat jy aan jou Facebook Standpunte-rekening gekoppel het, sal jy jou betaling óf direk in jou PayPal-rekening ontvang, óf in jou Perks WW-beloningsrekening.

Hoe lank dit neem om ’n betaling te ontvang hang af van die tipe betalingrekening wat jy aan jou Standpunte-rekening koppel.

  • PayPal:Jou betaling behoort binne 7-10 dae vanaf die gebruik van jou beloning op Standpunte oorgedra te word na jou PayPal-rekening.
  • Perks WW:Jou betaling behoort binne 1-3 dae vanaf die gebruik van jou beloning op Standpunte oorgedra te word na jou Perks WW-beloningrekening.
  • Tremendous:Tremendous sal jou betaling binne 3 dae van die gebruik van jou beloning op Standpunte stuur.

    Jou betaling sal gestuur word na die e-posadres of foonnommer wat jy aanvanklik bevestig het toe jy by Standpunte geregistreer het. Jy kan die foonnommer of e-posadres waarheen jou betalings gestuur sal word in jou betalinginstellings in die Standpunte-toepassing sien.

Om ’n betaling te kan ontvang, moet jy eers jou beloning op Standpunte gebruik. Nadat jy jou beloning gebruik het, sal dit sal afhang van die tipe betalingsrekening wat jy aan jou Standpunte-rekening gekoppel het.

  • PayPal: Jou betaling sal direk na jou PayPal-rekening toe gestuur word. Om betalings te ontvang, sal jy jou PayPal-rekening moet verifieer. Betalings kan net na ’n geverifieerde PayPal-rekening toe gestuur word.
  • Perks WW: Jou betaling sal direk na jou Perks WW-beloningrekening toe gestuur word. Jy sal die skep van jou Perks WW-beloningrekening moet voltooi om betalings te kan ontvang.
  • Tremendous: Jou betaling sal gestuur word na die e-posadres of foonnommer wat jy aanvanklik bevestig het toe jy by Standpunte geregistreer het. Jy kan die foonnommer of e-posadres waarheen jou betalings gestuur sal word in jou betalinginstellings in die Standpunte-toepassing sien.

As PayPal een van die betaalopsies is wat vir jou beskikbaar is wanneer jy vir jou eerste program op Standpunte registreer, sal jy gevra word om jou PayPal-rekening te koppel voordat jy by die program aansluit.

As jy sukkel om jou PayPal-rekening te koppel, kan jy die PayPal Hulpsentrum besoek.

Daar is geen fooie betrokke om aan Standpunte deel te neem nie.

Dit kan afhang van die soort betalingsrekening waarnatoe jy jou Standpunte-rekening verbind.

  • PayPal: Elke keer wat jy ’n betaling ontvang, sal ’n betalingbevestiging na jou e-posadres, foonnommer en/of in jou boodskappe in die Viewpoints-toepassing gestuur word. Jy kan ook betalingbesonderhede in Belonings kry.
  • Perks WW: Wanneer jy jou beloning op Standpunte gebruik, sal Perks WW vir jou ’n e-pos stuur sodra jy daardie beloning op hul webwerf kan gebruik.
  • Tremendous: Wanneer jy jou beloning op Standpunte gebruik, sal Tremendous vir jou ’n e-pos of SMS stuur sodra jy daardie beloning op hul webwerf kan gebruik.

Dit kan afhang van die soort betalingsrekening waarnatoe jy jou Standpunte-rekening verbind.

  • PayPal: As jou betaling al vir langer as 10 dae sloer, of as jy ’n e-pos of aanstuurkennisgewing ontvang het wat gesê het dat daar ’n probleem met die verwerking van jou betaling was, moet jy seker maak dat jou PayPal-rekening geverifieer is en dat jou PayPal-e-posadres bevestig is.

    Vir vrae rakende PayPal kan jy die PayPal-hulpsentrum besoek. As jy steeds probleme ervaar, kan jy die Standpunte Betalingsteundiens uit die toepassing kontak.

  • Perks WW: Dit kan tot 3 dae vat vir jou betaling om by jou Perks WW-beloningsrekening uit te kom. As jou betaling al vir langer as 3 dae sloer, of as jy ’n e-pos of aanstuurkennisgewing ontvang het wat gesê het dat daar ’n probleem met die verwerking van jou betaling was, moet jy seker maak dat jy jou Perks WW-rekening klaar geskep het. Vir vrae rakende Perks WW kan jy die Perks WW-hulpsentrum besoek.
  • Tremendous: Dit kan tot 3 dae neem vir Tremendous om jou betaling na jou e-posadres of foonnommer te stuur. As die betaling al vir meer as 3 dae in proses is, of as jy ’n kennisgewing ontvang het wat gesê het dat daar ’n probleem met die verwerking van jou betaling was, e-pos help@tremendous.com.

Afhangend van watter betaalmetode vir jou aangebied word, kan jy betalings deur PayPal, Perks WW of Tremendous ontvang.

Privaatheid en data

Die data wat ons van elke program af insamel (soos meningsopnames, take en navorsing), help ons om beter toepassings en dienste te bou om die gemeenskap te bevoordeel. Voor elke program sal ons verduidelik watter data die program insamel en hoe dit gebruik sal word. Dis sodat jy ingeligte besluite kan neem.

Kyk na ons Databeleid om meer te wete te kom.

Nee. Jou Standpunte-inligting sal nie publiek op jou ander Facebook-maatskappyprodukrekeninge gedeel word nie. Ons verkoop ook nie jou inligting vanuit hierdie toepassing aan derde partye nie.

Sien ons Databeleid vir meer inligting oor Standpunte-datapraktyke.

Dis wat gebeur as jy jou Standpunte-rekening uitvee:

  • As jy te enige tyd jou PayPal-besonderhede verskaf het, sal jy vir ’n jaar lank nie weer ’n nuwe rekening kan skep nie.
  • As jy nie jou PayPal-besonderhede verskaf het nie, sal jy vir 30 dae lank nie weer ’n nuwe rekening kan skep nie.
  • Jy sal die betalings behou wat jy reeds ontvang het.
  • Jy sal nie meer by jou Standpunte-rekening kan aanmeld om na jou program- en beloningsgeskiedenis te kyk nie en jy sal jou punte verloor.
  • Jy sal nie meer e-posse, SMSé of deurstuurkennisgewing van Standpunte af ontvang nie.
  • Ons sal dalk beperkte identifiserende inligting behou in ooreenstemming met ons Standpunte-privaatheidsbeleid en toepaslike wetgewing.
Kyk na ons Databeleid vir meer inligting oor die data wat Standpunte insamel.

As jy nie aan ’n program deelneem nie, samel ons inligting in oor jou toestel, soort netwerk en ander unieke identifiseerders om die toepassing te laat loop. Voordat jy by elke program aansluit, sal ons verduidelik watter data die program insamel en hoe dit gebruik sal word. Besoek ons databeleid om meer te wete te kom oor data-insameling in Facebook Standpunte-programme.

Jy kan enige tyd toestemming onttrek en meningopnamedata uitvee van meningopnameprogramme waaraan jy deelgeneem het.

Om toestemming te onttrek uit ’n meningopnameprogram:

  1. Maak die Stanspunte-toepassing vir iOS of Android oop.
  2. Tik op Rekening.
  3. Tik op Privaatheid en Data.
  4. Tik op Ontrek toestemming.
  5. Kies die meningsopnameprogram waaraan jy deelgeneem het waarvan jy toestemming wil onttrek en data vanaf wil uitvee.
  6. Tik op Ontrek toestemming.