Topvrae
Discover is ’n mobiele web- en Android-toepassing wat jy kan gebruik om op jou selfoon met gratis data van deelnemende selfoondiensverskaffers af op die internet rond te snuffel. Die deelnemende selfoondiensverskaffer sal aan jou ’n hoeveelheid gratis data per dag, week of maand verskaf.
Om ’n volhoubare program saam met ons selfoondiensverskaffervennote te bied, steun Discover net laebandwydteverkeer wanneer gratis data gebruik word. Sekere kenmerke insluitende video, oudio, stroom, lêeroordraging of sekere ander soorte data-intensiewe verkeer word nie gesteun wanneer gratis data gebruik word nie, soos verduidelik in die Discover-tegnieseinligting. Jy kan enige tyd kies om betaalde data vanaf jou selfoondiensverskaffer te gebruik om deur video’s en oudio op die internet te snuffel. Om Discover te begin gebruik, moet jy ’n SIM-kaart van ’n deelnemende selfoondiensverskaffer in jou foon gebruik.
Hierdie kenmerk is slegs in sommige lande beskikbaar.
Hierdie kenmerk is slegs in sommige lande beskikbaar.
Hierdie diens is slegs in sommige lande beskikbaar.
Hierdie diens is slegs in sommige lande beskikbaar.